Die Bybelroman vir tieners [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , ,

Die Bybelroman vir tieners [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Die verhaal van die Bybel soos nog nooit voorheen vertel nie

Tieners van vandag wonder dalk of die mense in die Bybel regte ménse was. Hulle wens dalk dat iemand vir hul die storie van die Bybel van voor tot agter aanmekaar kan vertel. Die Bybelroman vir tieners van Jaco Thom vertel die verhaal wat in die Bybel afspeel, van die begin tot die einde.

R48.00 R80.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 48 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Tieners van vandag wonder dalk of die mense in die Bybel regte ménse was. Hulle wens dalk dat iemand vir hul die storie van die Bybel van voor tot agter aanmekaar kan vertel.

Die Bybelroman vir tieners van Jaco Thom vertel die verhaal wat in die Bybel afspeel, van die begin tot die einde. Dis die storie van régte mense wat geleef, gelag en gely het: Die vromes, soos Abraham; die toegewydes, soos die profete Jesaja en Jeremia; maar ook die knoeiers soos Jakob; dié wat ’n twyfelagtige lewe gelei het en tog geseën is, soos Ragab van Jerigo; dié wat hulle deur begeerte laat meesleur het, soos koning Dawid en sy seuns.

Maar dis veral die verhaal van God se liefde vir mense, wat gemaak het dat Hy ons nie aan ons ellende oorgelaat het nie, maar sy Seun Jesus na die aarde toe gestuur het om ons te kom red.

In Die Bybelroman vir tieners herskep Jaco Thom met die Bybelse gegewens en sy verbeelding die wêreld van die Bybel op so ’n manier dat dit vir tieners vandag ’n werklikheid word.

SKU: 9781432202255 Kategorieë: , , , , , ,