Die Bybelroman vir kinders [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , ,

Die Bybelroman vir kinders [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Die verhaal van die Bybel soos nog nooit voorheen vertel nie

Hierdie boek help kinders om die storie van die Bybel in die regte volgorde te lees en ’n prentjie daarvan te kan teken.

R48.00 R80.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 48 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Vir kinders lyk die Bybel na ’n vreeslike dik, moeilike boek om te lees. Daarom het Jaco Thom Die Bybelroman vir kinders spesiaal geskryf sodat hulle die Bybel van voor tot agter in die regte volgorde kan lees. Dit sal hulle help om ’n prentjie in hul kop te teken sodat die dinge wat hulle al klaar van die Bybelse gebeurtenisse weet, mooi inmekaar kan pas.

Dis belangrik dat kinders die Bybelse verhaal moet lees, want dit help hulle om te verstaan hoe God oor die wêreld en oor ons dink. So leer hulle God beter ken en kan hulle ook begin verstaan hoekom dit nodig was dat Jesus na ons aarde toe moes kom.

Die Bybelroman vir kinders bevat nie alles wat in die Bybel staan nie (dan sou dit ook ’n baie dik boek gewees het), maar die belangrikste mense en gebeurtenisse is daar. Kinders sal dit sommer maklik self kan lees of anders kan Pappa, Mamma, Boetie, Sussie of Ouma en Oupa dit vir hulle voorlees.

SKU: 9781432202279 Kategorieë: , , , , , ,