Die Antichris [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Die Antichris [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Ná sy tydelike dwaling en daaropvolgende terugkeer na die geloof, vind Jan ’n nuwe roeping: om sy broers te versterk en gemeentes in te lig oor Miklós en sy dodelike ambisie. Maar wat skuil agter die aanvalle op Christelike kerke? En hoe gaan Miklós se gevaarlike dobbelspel vir hom en die wêreld afloop? Hierdie boeiende verhaal oor die eindtyd sal gelowiges vertroos en versterk.

R72.00 R120.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 72 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

’n Reusagtige sonvlam verskroei die aarde. ’n Supertifoon tref die Stille Oseaan. Die getal 666 oorheers die wêreldhandel…

Vir baie gelowiges is dit alles tekens van die eindtyd.

Maar miljoene mense wêreldwyd vind vrede by Die Ware Weg – die godsdiens wat geen las of juk oplê nie, en die liggaamlike aanbidding van die Ewige Moeder voorop stel.

Vir Miklós Király Balázs, hoof van Balázs Kovács Internasionaal en stigter van Die Ware Weg, is dit net die begin. Hy gaan met niks minder as wêreldoorheersing tevrede wees nie. En dit gaan hy bereik deur middel van sy greep op die wêreldekonomie. Hý is immers die verlosser van die wêreld.

Jan Liebenberg, teoloog van Stellenbosch, sien in Miklós egter die Antichris self. Dit is veral onrusbarend dat Miklós homself al hoe met Christus vergelyk en Hom verkleineer.
Daarby het Miklós en sy ma, Romni, ook ’n persoonlike grief teen Jan en verslap nie in hulle aanslag op Jan en sy gesin nie.

Ná sy tydelike dwaling en daaropvolgende terugkeer na die geloof, vind Jan ’n nuwe roeping: om sy broers te versterk en gemeentes in te lig oor Miklós en sy dodelike ambisie. Maar wat skuil agter die aanvalle op Christelike kerke? En hoe gaan Miklós se gevaarlike dobbelspel vir hom en die wêreld afloop?

Hierdie boeiende verhaal oor die eindtyd sal gelowiges vertroos en versterk. Daarmee voltooi Jaco Thom sy trilogie oor die Antichris en die laaste dae.

SKU: 9781432203795 Kategorieë: , , , , ,