Daar is nie iets soos opgee nie! [Oudioboek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

Daar is nie iets soos opgee nie! [Oudioboek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Hier is wat jy moet weet – 14 selfhelp-wenke!

Herontdek jou drome vir sukses en geluk en maak hulle waar deur klein veranderinge te implementeer.

R59.00 R99.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 59 Bonuspunte verdien.

[Luister in Verrso, Voelgoedboeke se APP]

[Luistertyd 56 minute]

Dis maklik om te praat … Maar soms het jy net die regte woorde nodig om weer jou lewe op koers te kry. Daarom móét jy na hierdie oudioboek luister! Mental coach, Jannie Putter praat nie net nie, hy gee jou die praktiese planne om die daad by die woord te voeg.

Wat is die belangrikste drome wat jy vir jouself het? Die lewe se gejaag veroorsaak dat ons net doen wat dringend is – en ons drome bly vergete. Weet jy nog wat jou doel in die lewe is?

Dis nie nodig om groot, ingrypende en tydrowende veranderinge in jou daaglikse roetine aan te bring nie. Realistiese, haalbare aanpassings in hoe jy dink, sal groot verskil maak in wat jy doen.

Leer hoe om deur jou woorde jou drome nader aan werklikheid te bring. Glo weer in die moontlikheid van sukses en geluk. Lag meer en word rustig oor hoeveel tyd dit gaan neem voordat jy jou doelwitte bereik.

Hoekom voel jy partykeer of jy wil opgee? Dalk kry jy te min aanmoediging. Laat Jannie jou stap vir stap bemoedig en uitdaag om te glo jy kan ook jou drome waar maak. Jy het alles in jou om suksesvol en gelukkig te wees – kom ontdek dit!

Groot drome word waar deur die eerste klein stappie wat ’n mens neem. Jou eerste stap kan wees om net te begin luister …

SKU: oudioboekjannie1 Kategorieë: , , , , ,