Bid só vir ‘n wonderwerk [e-Boek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , , ,

Bid só vir ‘n wonderwerk [e-Boek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


‘n 40-dag-gebedsuitdaging

Die goeie nuus is: Wonderwerke het nie net in die Bybelse tyd gebeur nie. Dit gebeur vandag nog! En God wil vir jou ook ’n wonder laat gebeur. In 40 dae kry jy pratiese raad oor hoekom en hoe jy moet bid.

R48.00 R80.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 48 Bonuspunte verdien.

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Gebed is nie ’n rympie wat jy opsê nie, dit moet uit jou hart uit kom, loop hand aan hand met geloof en verander ’n ongelukkige vandag in ’n gelukkige môre.

  • Is jy bekommerd oor jou geldsake omdat jy te veel skuld het?
  • Gee jou kinders se ongehoorsaamheid jou slapelose nagte?
  • Het jy baie stres by die werk en maak jou baas die lewe vir jou moeilik?
  • Ly jy aan ’n ongeneeslike siekte en die dokters het nie hoop vir jou nie?

… dan het jy ’n wonderwerk nodig!

Die goeie nuus is:

Wonderwerke het nie net in die Bybelse tyd gebeur nie.

Dit gebeur vandag nog! En God wil vir jou ook ’n wonder laat gebeur.

In hierdie boek gaan jy nie ’n kitsresep kry hoe om vir ’n wonderwerk te bid nie.

Jy sal leer hoe om jou “gebedskombuis” so in te rig dat jy jou eie, unieke gebede kan “bak”.

Jy sal praktiese raad kry oor dinge waaroor jy nog altyd gewonder het, soos hoekom jy voor ete moet bid, of jy vir God mag probeer oortuig met jou gebed, wanneer jy moet dankie sê vir ’n wonderwerk en of jy oor en oor vir dieselfde probleem mag bid.