50 dinge om te weet vóór jy dieet (Selfoonboek) - Voelgoedwinkel
-40%
, , ,

50 dinge om te weet vóór jy dieet (Selfoonboek)

Beskikbaarheid:

In voorraad


Verloor gewig, bly gesond en leef gelukkiger

Om gewig te verloor gaan oor meer as net die kos wat jy eet.

R27.00 R45.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 27 Bonuspunte verdien.

Jy het al ál wat ’n dieet is, probeer. Jy verloor soms gewig – maar sit dit alles weer aan sodra jy begin “normaal” eet. Jy is ’n soettand en sukkel om suiker uit te sny. Jy het laatnag-cravings en eet as jy gestres, kwaad of moeg is.

Maar, hier is die goeie nuus!

Jy is nie vraatsig of sonder wilskrag nie, jy het net nog altyd die verkeerde advies gekry. Dit kan nou vir altyd verander!

50 dieetkundiges het saamgespan om vir jou die beste, praktiese raad oor dieet en die regte leefstyl te gee.

50 DINGE OM TE WEET VÓÓR JY DIEET help jou om jou kop reg te kry en ingeligte keuses te maak, terwyl jy jou leefstyl aanpas en gesonder leef. Kry raad en ook antwoorde op vrae soos:
• Hoe werk kilojoules en die energie wat in kos is?
• Is koolhidrate regtig so ongesond?
• Is ’n proteïendieet die antwoord?
• Kan ek my metabolisme versnel?
• Hoekom moet ek meer tyd in die kombuis as in die gym spandeer?
• Is alle gesonde kos onbekostigbaar duur?
• Hoe raak ek ontslae van cravings?

Eet is lekker! Geniet die regte kos sonder om skuldig te voel.

SKU: selfoonboek14 Kategorieë: , , ,