5 Minute voor en ná die dood [Oudioboek] - Voelgoedwinkel
-40%
, , , , ,

5 Minute voor en ná die dood [Oudioboek]

Beskikbaarheid:

In voorraad


Antwoorde op vrae oor wat gebeur as ’n mens sterf en die lewe hierná

Luister en leer oor hoe jy nou lewe vóór die dood sal bepaal waar jy gaan wees ná die dood … óf in die hemel … óf in die hel. (Luistertyd 8 ure 15 minute)

R167.00 R279.00

In voorraad

As jy die produk koop kan jy 167 Bonuspunte verdien.

[Luister in Verrso, Voelgoedboeke se APP]

[Luistertyd 8 ure 15 minute]

Wat gebeur as ’n mens sterf?

Niemand spring die dood vry nie. Die dood is deel van die lewe. ’n Werklikheid wat mense seermaak, maar ook die begin is van alles wat hierná gebeur. En dis waaroor mense so baie vrae het.

  • Is elkeen se sterfdatum vooruitbepaal – en deur wie?
  • Wat gebeur net voor jy jou laaste asem uitblaas?
  • Wat ervaar jy wanneer jy sterf en waar is jy net daarná?
  • Hoe lyk die hel en moet gelowiges bang wees om daar te beland?
  • Kan mense ná selfdood hemel toe gaan?
  • Hoe sal dit wees om vir ewig by Jesus te wees?

Hierdie oudioboek ontrafel die geheime en misterie van doodgaan. Dit praat reguit teen onbybelse geloofsbeskouings en waarsku dat jy nóú die regte besluite moet neem. Maar dis nie ’n bangmaakpreek nie!

Jesus se woorde oor die hiernamaals in Lukas 16:19-31 sal al jou vrae beantwoord. Isak Burger se wysheid uit die Woord sal jou vrese vervang met sekerhede oor genade wat vir elkeen beskikbaar is.

Jy sal nuwe waardering kry vir die voorreg van voluit lewe met ’n uitsig op heerlike dinge wat vir jou wag. En as jy treur oor ’n geliefde wat dood is, sal jy getroos voel en weet: Eendag sien ons mekaar weer.

DR ISAK BURGER is ’n prediker, skrywer, gesinsman en veral iemand wat Jesus Christus liefhet en verkondig. Een van sy grootste vreugdes as skrywer is om te hoor hoe mense vrede vind deur sy boeke. Hy skryf met passie omdat hy die hel armer en die hemel ryker wil maak. Van sy topverkoper boeke sluit in Troos wanneer jy treur en Die dag toe Jesus sterf!