Resultate 1–12 van 13

RUAH
Ek koester my kleintyd-herinneringe en onthou graag die kere toe my ma my gestuur het om met onbeholpe vingertjies pietersielie en basieliekruid vir die slaai te gaan pluk. Vanjaar is dit al 10 jaar sedert my grootmenshart die eerste keer deur kruie, veral laventel, geroer is! Ek kon van daardie dag nie ophou droom van `n laventel- en roosmarynland voor my plaashuis nie. Na ‘n tydperk van navorsing, van wag, aankoop van plantmateriaal, van wag, ‘n besoek aan Frankryk, van wag, ‘n skoonma wat my droom haar droom gemaak het, van wag, het dit wat eers net gedagtes was ‘n werklikheid geword. In Januarie 2007 was ons lavendula en roosmaryn gereed vir oes. Die plantmateriaal is ge-oes en so is ons eerste essensiële olie gedistilleer! In samewerking met `n laboratorium in Johannesburg het ons `n lyfsorg-reeks ontwikkel wat hoofsaaklik verryk is met ons organiese, landelik-gedistilleerde essensiële olies. Saam met ons lyfsorg-reeks voorsien ons ook verskeie ander kruieprodukte vir die kombuis soos:
  • Gemengde kruie
  • Gebak vir die hart
  • Kerse
Hierdie produkte vervaardig ons self met landelik verboude kruie. Die volgende stap was, om te bepaal hoe om ons produkte te bemark. Weens die eksklusiwiteit van ons olies is besluit om die bemarking in eg digterlike Afrikaans te doen, want watter ander taal kan lekkerte beter beskryf as Afrikaans? RUAH (`n Hebreeuse woord wat beteken – Asem van Lewe, Asem van God, dit wat jy nie met die fisiese oog kan sien nie, maar waarvan jy so intens bewus is dat dit jou menswees raak). Vir my is RUAH ‘n vrou (eers natuurlik was sy pasgebore, ‘n pienkvoet, toe ‘n tiener vol dinge en geite). Maar nou is sy volwaardig vrou – geplant langs ‘n stroom van lewende water, haar wortels diep en haar gesig verkieslik na die son gedraai! Sy blom waar sy geplant word! Sy word bederf deur almal se entoesiasme, se ondersteuning, se heerlike glimlagte. Sy put haar inspirasie uit die tyd en plek waar sy is! Ons wekroep: “koester jouself” is RUAH se kreet vir elke vrou, elke vriendin, elke ma, elke dogter! Ons kan tog te vinnig opgeslurp raak in die alledaagse gejaag na wind. Hier wil ons met elke woord wat jy op ons produkte raak lees vir jou weer rus gee, vrede gee, tyd gee! RUAH glo dat Gees-geïnspireerde woorde die krag het om gedagtes te verander. Gedagtes bepaal ons dade en dade bepaal ons toekoms. Mag jou toekoms, liewe Ruah vriendin, voor jou uitstrek met vreugde, geur en reikhalsende verwagting.
R113.00 R101.00
R46.00 R41.00
R113.00 R101.00
R46.00 R41.00
R113.00 R101.00
R46.00 R41.00

Bevogtigers

Lyfbotter Lavendula

R121.00 R109.00

Bevogtigers

Lyfbotter Roosmalva

R121.00 R109.00

Bevogtigers

Lyfbotter Roosmaryn

R121.00 R109.00

Bevogtigers

Voetbalm Roosmaryn

R81.00 R64.00

Bevogtigers

Wasolie Lavendula

R137.00 R123.00

Bevogtigers

Wasolie Roosmalva

R137.00 R123.00