Helena Hugo
Toon 6 resultate
-
Fiksie, Gedrukte Boeke, Helena Hugo, Leefstyl, Skrywer, Voelgoedboeke, Vroue
‘n Tuin vir Tessa
Tessa het die perfekte lewe; haar man se besighede doen goed en haar seuns is goeie kinders. Sy woon in ’n pragtige huis in ’n spogbuurt. Haar tuin is haar stukkie hemel, haar skuilplek, die
plek waar sy troos soek en kry. Die laaste tyd begin Altus se stiltes haar pla. Wie of wat sit daaragter?SKU: 9780796321084 -
Christelik, Gedrukte Boeke, Geestelike Fiksie, Helena Hugo, Skrywer, Voelgoedboeke
Bet-El
Dit is twee jaar voor die Anglo-Boereoorlog uitbreek. Daniël met sy horrelvoet en sy ongeneeslike begeerte na die meisie wat hom verraai het, het die goeie weg gekies, waarvoor hy liefde en toewyding van sy vrou Anna ontvang. Anna, die verstandige en opregte, sy wat so begeer dat haar man net moet sê hy het haar lief.
SKU: 9780796320520 -
Christelik, Gedrukte Boeke, Geestelike Fiksie, Helena Hugo, Skrywer, Voelgoedboeke
Elim
Toe Daniël Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef. Anna is van kleins af verlief op Daniël en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van ’n boervrou op ’n afgeleë Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat Daniël haar net so volkome liefhet soos sy vir hom.
SKU: 9780796319722 -
Christelik, Gedrukte Boeke, Geestelike Fiksie, Helena Hugo, Skrywer, Voelgoedboeke
Haar naam is Ragel
Christelik, Gedrukte Boeke, Geestelike Fiksie, Helena Hugo, Skrywer, VoelgoedboekeHaar naam is Ragel
Die ontroerende verhaal van ’n jong ma wat haar seuntjie se dood moet leer verwerk. Die kunstenares Ragel Naudé is getraumatiseer ná die dood van haar tweejarige seuntjie. Sy stry teen God en niks maak meer saak nie, behalwe die herinnering aan sy kort lewetjie. Sy en haar man dryf uitmekaar. In ’n tandarts se spreekkamer, waar sy die eerste keer in maande tussen ander mense sit en luister na hulle gesprekke, besef Ragel dat sy iets moet doen aan haar willose bestaan. Sy besluit om weg te gaan en beland op ’n klein dorpie. Hier ontmoet sy ’n ma wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Saam leer die twee vroue geleidelik wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos.
SKU: 9780796316042 -
Christelik, Gedrukte Boeke, Geestelike Fiksie, Helena Hugo, Skrywer, Voelgoedboeke
Mispa
Caroline is dertig jaar oud toe sy haar agtste kind het. Die kloof tussen haar en Willem is so wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie: dan pak die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam nie: Genesing begin by ’n weggooikind en ’n gekneusde veldblom.
SKU: 9780796319692 -
Charmé Kriel, Christelik, Gedrukte Boeke, Helena Hugo, Leefstyl, Ouerskap, Ouerskap, Skrywer, Voelgoedboeke
Twee kinders later
Charmé Kriel, Christelik, Gedrukte Boeke, Helena Hugo, Leefstyl, Ouerskap, Ouerskap, Skrywer, VoelgoedboekeTwee kinders later
Charmé Kriel was ’n doodgewone jonggetroude vrou van Vishoek, swanger met haar eersteling, toe sy op 27 weke ontstellende nuus kry. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore, en Charmé se lewe verander handomkeer. Dié lekkerleesboek is gebaseer op Charmé se gewilde gelyknamige blog wat haar lesers ure se leesplesier besorg het. Twee kinders later sal jou laat lag en laat huil.
SKU: 9780796321428