Wil jy maer wees [e-Boek]

R48.00

Leer jou brein om gewig te verloor

Baie mense sê: “As ek net my kop kan regkry…” En dit is presies wat jy moet doen as jy wil hê enige eetprogram moet help. Nou kan jy met die hulp van Kobus en Raché en Wil jy maer wees? daardie allerbelangrikste kopskuif maak – en beheer verkry oor jou gewig, jou eetgewoontes en jou gesondheid!

975 in voorraad

R48.00

975 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 48 Bonuspunte verdien.
SKU: 9781432206147 Kategorie: Etiket:

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

“Ek sal Maandag begin dieet.”
“Hoekom bly party mense maer en ek nie?”
“Ek is vandag te moeg om gym toe te gaan!”
“Ek voel af – ek verdien ’n stukkie koek.”

JA, DIT IS MOEILIK OM OP ’N DIEET TE GAAN EN VOL TE HOU MET ’N OEFENPROGRAM. EN JA, DIT IS MAKLIK OM VERKEERD TE EET, GEWIG AAN TE SIT EN TOU OP TE GOOI. MAAR JY MAAK DIE KEUSE!

Baie mense sê: “As ek net my kop kan regkry…” En dit is presies wat jy moet doen as jy wil hê enige eetprogram moet help.
In hierdie boek gaan jy nie hoor jy moet net positief dink en alles sal regkom nie! Jy gaan wel leer hoe jou denke jou gedrag – en dus jou gewig – beïnvloed.

Om gewig te verloor en sukses te behaal, moet jy jou denke bo die lyn kry. Heel eerste sal jy moet verstaan hoekom jy eet. Dan moet jy bepaal watter patrone en gewoontes in jou lewe jou oorgewig maak.

Nou kan jy met die hulp van Kobus en Raché en Wil jy maer wees? daardie allerbelangrikste kopskuif maak – en beheer verkry oor jou gewig, jou eetgewoontes en jou gesondheid!

As bonus in die boek ontvang jy ook ’n 29-dag-dagboek om jou te help om ’n nuwe eetstyl en positiewe gewoontes te skep.

Leer van uithou, aanhou en moedhou!