Vir gelowiges is Jesus Christus die Alfa en die Omega, die A tot Z.
Wanneer probleme ons oorweldig en ons worstel met vrae, wil ons by Hom die antwoorde hê.
Nou kan jy alles in een omvattende gids naslaan met Solly Ozrovech se Wat sê Jesus oor... As kompakte bundel van Jesus se woorde toe Hy mens op aarde was, is die boek bedoel vir persoonlike studie, stiltetyd, kleingroepe of klasgee.
Jesus se woorde wat opgeteken is in die Nuwe Testament, is opgesoek, saamgevoeg en in temas opgedeel wat alfabeties gerangskik is.
Wat sê Jesus oor… is nie ’n boek om in een sessie klaar te lees nie.
Dit is bedoel om jou metgesel te wees vir ’n leeftyd. Dit is die skrywer se wens dat soos wat jy jou verdiep in Jesus se woorde, jou verhoudings, gedagtes en manier van lewe sal verander.