Vroue van Kosmoslaan

R96.00

Wanneer vriendinne begin saam bid oor pyn, hoop en tweede kanse

Die vroue van Kosmoslaan kom eenkeer ’n maand bymekaar om te brei en oor koeitjies en kalfies te gesels. Later word hierdie breigroep hulle toevlug en hulle gooi die maskers een vir een af. Hulle begin saam bid en deel in mekaar se hoop en drome, teleurstellings en vreugde.

55 in voorraad

R96.00

55 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 96 Bonuspunte verdien.
SKU: 9781432205706(W1-18-G02) Kategorie: Etiket:

Dis die betekenis van die kosmosblom wat Ellie Brink laat besluit sy wil in Kosmoslaan bly en haar kinders daar grootmaak:

joy in love and life.

Op die oog af lyk dit na ’n veilige, rustige straat.

Maar hierdie straat is vol intriges en interessante mense:

Ontmoet vir Marella, ’n prokureur wat haar perfekte lewe volgens voorafuitgewerkte lysies leef.

Ellie skryf kinderboeke maar wens sy kan swanger raak en die stories vir haar eie kindjie vertel.

Ida en Claire se mans is saam in ’n motorongeluk dood. Maar dis haar verlede wat vir Ida die meeste pla.

Een van Alma se dogters verdwyn en die hele laan begin soek.

Julia se man loop met ’n ander vrou weg en haar tienerseun, Rudi, raak in ’n bakleiery betrokke.

Het dit dalk iets met Sabina se verdwyning te doen?

Asof dit nie genoeg is nie, daag Hugo Conradie, die geheimsinnige man met die mooiste blou oë, onverwags daar op …

Die vroue in die laan kom eenkeer ’n maand bymekaar om te brei en oor koeitjies en kalfies te gesels.

Later word hierdie breigroep hulle toevlug en hulle gooi die maskers een vir een af.

Hulle begin saam bid en deel in mekaar se hoop en drome, teleurstellings en vreugde.

Uiteindelik steek elke vrou ’n kosmosblom in haar hare en sê dankie vir ’n tweede kans op geluk.

Die vroue van Kosmoslaan is ’n boeiende, menslike verhaal waar elke vrou ervaar hoe die Skepper voorsien in presies dít wat sy nodig het.