Voel goed, lyk mooi, lief die lewe [Oudioboek]

R59.00

62 wenke om gesond te eet, mooi te lyk, fiks te word, én gelukkig te wees

Of jy probeer om gewig te verloor, meer energie wil hê, mooier wil lyk of gelukkiger wil wees, dié deskundige raad en kennis is alles wat jy nodig het.

983 in voorraad

R59.00

983 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 59 Bonuspunte verdien.
SKU: 9781432209438OB Kategorie: Etiket:

[Luister in Verrso, Voelgoedboeke se APP]

[Luistertyd 4 ure 40 minute]

Ons leef nou langer as ooit, maar ons is meer oorgewig, meer uitgeput, meer gespanne, meer depressief en oor die algemeen meer ongesond.

Wat as ’n gesonde lewe – liggaam, verstand en gees – binne jou bereik kan wees? En wat as dit boonop aangebied word in ’n formaat waarna jy kan luister soos en wanneer dit jou pas?

Die goeie nuus is, dit is!

Of jy probeer om gewig te verloor, meer energie wil hê, mooier wil lyk of gelukkiger wil wees, Voel goed, lyk mooi, lief die lewe! (Oudioboek) kan jou help.

62 dokters, dieetkundiges, voorkomskonsultante, oefenkenners en motiveringsprekers deel praktiese wenke om die beste lewe nog te hê, van binne én van buite, in elke area van jou lewe. Hulle praat elkeen direk met jou en hulle stemme sal jou motiveer en aanmoedig. Jy sal self nooit so ’n span kan bymekaar maak nie, maar met hierdie oudioboek is hulle dag en nag gereed net vir jou.

Die inligting wat jy kry, sal jou help om die regte besluite te kan neem om gesond te eet, mooi te lyk, fiks te word én gelukkig te wees!

Voel goed, lyk mooi, lief die lewe! sal jou leer om anders te …
EET – Maak weer vriende met kos, en met die spieël.
VOEL – Pragtig, vol selfvertroue en sexy, van binne én van buite.
OEFEN – Fiksheid is ’n reis waar die eerste treetjie die moeilikste is.
LYK – Teenverouderingstegnieke vir ’n gelukkiger, mooier jy.
LEEF – Wees meer in die oomblik en fokus op wat jy doen.
ONTSPAN – Kry vrede en kalmte in jou gemoed.

’n Nuwe jy is net om die draai! Sit jou oorfone op en begin vandag nog om een luistersnit op ’n slag jou lewe vir altyd gesonder, gelukkiger en mooier te maak.