Vlieg Hoog [e-Boek]

R67.00

Wie op die Here vertrou; kry nuwe krag

Vlieg Hoog is geskryf met elke man in gedagte – sodat jy nader aan jou Skepper kan beweeg en Hom in die dolle gejaag van elke dag kan beleef.

999 in voorraad

R67.00

999 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 67 Bonuspunte verdien.
SKU: 9781432207984 Kategorie: Etiket:

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Die uitdagings waarmee mans daagliks gekonfronteer word is verbysterend. Dit maak nie saak hoe hard jy probeer om alles onder beheer te hou nie; soms raak dinge net te veel. As man is dit jou verantwoordelikheid om vir jou gesin te sorg; jy moet ʼn liefdevolle man wees; iemand wees na wie jou kinders kan opkyk en dan suksesvol by die werk.
In die harwar van die lewe en om jou beste in alle te gee – gesin; werk; persoonlik; vriende – kan jy soms té besig raak vir God. Dit is dan wanneer jou geestelike lewe begin skade ly.

Die tyd het gekom om weer hoog te vlieg; nie net in jou alledaagse lewe nie; maar ook in jou geestelike lewe en saam met God. Saam met hom sal jou lewe makliker hoër hoogtes bereik!

Vlieg Hoog is geskryf met elke man in gedagte – sodat jy nader aan jou Skepper kan beweeg en Hom in die dolle gejaag van elke dag kan beleef. Elke naweek het ʼn praktiese opdrag wat by die tema pas om jou die geleentheid te gee om jou geestelike groei te verdiep.

Jannie le Roux wil elke man sensitief maak vir God se teenwoordigheid; sodat hy hemelse vreugde en vrede kan beleef. Die Bybeldagboek raak elke aspek van jou lewe aan – finansies; verhoudings; werk; drome; en so meer…