Vind die soet in elke dag [e-Boek]

R48.00

Die boek sal jou en ander se lewens verander

In Vind die soet in elke dag, saamgestel uit FINESSE-artikels, vertel 30 vroue hulle verhale van pyn, seerkry en beproewing. Elkeen is tot die uiterste toe getoets en het as ’n oorwinnaar weggestap na ’n meer betekenisvolle lewe. Die verhale sal jou inspireer, opnuut die krag van gebed laat ontdek en jou uit die donkerste put van jou lewe haal.

 

Lees met ons Verrso digital reader app.

999 in voorraad

R48.00

999 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 48 Bonuspunte verdien.
SKU: 9781432200510 Kategorie: Etiket:

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Liefde, geluk en mooi herinnering waarop jy eendag kan terugkyk.

Dis waarvoor ons almal hoop. Maar die lewe loop soms sy bitter draaie waar jy seer en swaarkry leer ken. En in die middel van hierdie moeilike tye is dit soms moeilik om vorentoe te kyk, en die besonderse lewe raak te sien wat vir jou wag.

Dertig vroue vertel hulle verhale van pyn, seerkry en beproewing. Elkeen is deur die lewe se smeltkroes en is tot die uiterste toe getoets. En elkeen van hierdie vroue het as ’n oorwinnaar weggestap na ’n beter en meer betekenisvolle lewe.

Uit hierdie verhale leer jy dat die moeilikste omstandighede oorkom kan word en dat jy nooit moet ophou hoop nie, want die oplossing is dikwels net ’n tree ver.

As jy voel dat die dinge vir jou te veel raak op die oomblik of as jou verlede jou terughou, is Vind die soet in elke dag beslis die boek vir jou. Of dalk ken jy iemand wat ’n bietjie pitkos vir die siel nodig het.

Die boek is saamgestel uit FINESSE-artikels en sal jou inspireer, opnuut die krag van gebed laat ontdek en jou uit die donkerste put van jou lewe haal.