Staan vir Jesus [e-Boek]

R47.00

Laat God jou lewe verander in net 59 sekondes

Lukas Korff deel sy 3 000 km journey met jou – rou, eerlik en op die man af. Al die “lesse” wat hy gee, kom van dinge wat hy self ervaar het. Soos dat niks wat die moeite werd is, maklik kom nie.

999 in voorraad

R47.00

999 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 47 Bonuspunte verdien.
SKU: 9781432207441 Kategorie: Etiket:
[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Staan vir Jesus en lééf jou geloof!

Die lewe is soos ’n fiets sonder ’n saal. Soms is jy moeg en seer getrap, maar jy durf nie gaan sit nie! Jy moet aanhou beweeg en na die volgende vlak gaan. So sal jy word wie jy moet wees.

Jy het klaar alles wat nodig is om uitsonderlik te wees. Moet jou nie steur aan ander se opinies nie, dan eindig jy soos Eish airlines – going nowhere slowly!

As jy voel jy kan nie meer nie, gee jou situasie vir Jesus. Jy sal nie onmiddellik beter omstandighede hê nie, maar jy sal krag kry om aan te gaan en klaar te maak.

Lukas Korff het ’n ongelooflike reis aangepak: 3 000 km op ’n tandemfiets sonder ’n saal of paal! Sy doel? Om vir almal te wys hy staan vir Jesus.

As jy BOOM! lees, tref dit jou dat hierdie ou net nie toelaat dat enigiets hom moedeloos maak nie. Tydens hierdie lang en uitmergelende reis was daar baie dinge wat hom kon laat tou opgooi.
Hy het soms ongelooflike pyn gehad van die lang ure se staan en trap op die fiets.

Hy deel sy journey met jou – rou, eerlik en op die man af. Al die “lesse” wat hy gee, kom van dinge wat hy self ervaar het. Soos dat niks wat die moeite werd is, maklik kom nie. Jy moet hard teen die opdraande “trap” om iets te bereik. Al het jy seer, moet jy aanhou – jy is amper daar!