So jonk as wat jy dink (Skrywers)

Verkoop deur admin

R75.00

Wil jy jou middeljare met ope arms verwelkom sodat jy kan blom en jou hartsdoel kan vervul?

Die tweede helfte van jou lewe kan net soveel pret wees soos die eerste. Jy gaan beslis nie nou by die huis sit en toekyk hoe die wêreld by jou verbygaan soos jou ouma toe sy vyftig was nie. Maak jou reg vir iets beter en pak jou plekkie onder die son aan met ’n nuwe geesdrif en uithouvermoë! Om iets betekenisvol met jou lewe te doen. Om ’n nalatenskap te hê vir jou kinders en die volgende geslag. Wie wil nou gedurig terugkyk en sê: “Ek wens ek het …” Geïnspireer deur die reis tydens hulle eie midlewe, wys vroue soos Liesel Krause-Wiid, Lynette Beer en Linda Kriel jou hoe om hierdie natuurlike fase te herken en wat jy daaraan kan doen. Om weer agter die stuur van jou drome en planne
in te skuif, en die vrou te word wat jy bedoel is om te wees! So jonk as wat jy dink! se temas waarna jy kan uitsien:

• ’n Leë nes bring nuwe kanse
• Benut die geleentheid: belê in jou gesondheid
• Streef na vervulling eerder as sukses
• Beplan vir gemoedsrus en fi nansiële vryheid
• Raak gemaklik (en mooi!) in jou eie lyf
• Jou verlede defi nieer jou nie – fokus op nóú
• Hormone is belangrik, maar hoe jy dink, nog méér
• God is by jou as alles verander

199 in voorraad

R75.00

199 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 75 Bonuspunte verdien.
SKU: 978-1-4322-0929-2 (Skrywers) Kategorie: Etiket:

Hoe om jou midlewe te herken (en wat jy daaraan kan doen)

Vendor Information

  • No ratings found yet!