#NetGoeieVibes-hoedjie

Verkoop deur Voelgoed Bestellings

R129.00

Die #NetMATRIEKS-bootreis is ‘n tyd vir T-hemde, swembroeke, kleurvolle sonbrille, kaalvoet dans – en die #NetGoeieVibes-hoedjie!

Vat ‘n tikkie 90’s-nostalgie saam op jou matriekvakansie. Dit is ‘n mooi bykomstigheid én beskerm jou gesig teen die warm sonstrale op die strand. Dink daaraan as ‘n lekker alternatief teenoor jou sport- en ander pette.
Dit voeg ook ‘n bietjie fun by jou langs-die-swembad-lê-uitrusting – man, jy kan dit sommer ín die swembad dra!
Dit is beskikbaar in ‘n blou kleur, gemaak van sagte katoen en is duursaam. Die #NetGoeieVibes-bewoording voor op die hoedjie is juis ‘n uitdrukking van hierdie opwindende tyd in jou lewe.
Jy hoor dit in liedjies, jy sien dit op advertensieborde langs die pad, jy het dit tien teen een al self gesê: Net goeie vibes asseblief!
Wanneer jy positiwiteit in jou lewe omhels, gaan ‘n nuwe wêreld vir jou oop. Die gevolg? ‘n Lewe waar, selfs wanneer die son nié skyn nie, elke dag warm en haalbaar voel.
Kies om op die positiewe te fokus. Wanneer jy daarna soek, sal jy dit verseker iewers vind!
Wat ookal jy dié matriek-vakansie doen, die #NetGoeieVibes-hoedjie is die bykomstigheid van die jaar!

164 in voorraad

R129.00

164 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
SKU: #NetGoeieVibes-hoedjie Kategorie: