Nagverse

R156.00

Koos van der Merwe nooi jou uit om met hierdie digbundel te besin oor wat régtig saak maak: geld, status, mense? Jy word gelei om te besef dat jy nooit moet vergeet wie jou hartsmense is nie.

629 in voorraad

R156.00

629 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 156 Bonuspunte verdien.
SKU: 9781432207885(W1-18-A01) Kategorie: Etiket:

Koos van der Merwe, nuwe agterbladskrywer van Finesse, het die vermoeë om woorde in prente te omskep. Met die digbundel raak hy elke aspek van jou lewe aan, met ʼn geloofsdraad wat deur elkeen loop.

Elke mens wonder soms oor die lewe. Ons almal kry seer. Ons het lief. Ons word op die een of ander stadium ontnugter en stoei met geloof. Ons is geneig om soms net so bolangs te leef omdat ons te bang is om ons vrese en drome te konfronteer.

Henry Ward Beecher het gesê woorde is wasgoedpennetjies waarmee ons ons gedagtes probeer vasknyp. In hierdie bundel kry Koos dit reg om sy gedagtes netjies vas te knyp en neer te sit – perfek, ry op ry. Hy ondersoek vrees, liefde, seerkry, ontnugtering en geloof en tref jou telkens diep in jou siel met sy wysheid.

Met hierdie versameling verse wil hy jou uitnooi om te besin oor wat régtig saak maak: geld, status, mense? Jy word gelei om te besef dat jy nooit moet vergeet wie jou hartsmense is nie.

Hy laat jou binneste reis na daardie ervarings wat pynlik was en jy word uitgedaag om jou pyn ’n naam te gee. Seerkry wat geïgnoreer word sal elke keer terugkom en jou weer treiter. Konfronteer eerder jou issues en werk daardeur, dan sal jy genesing vind.