Mamma lief jou–koelsakkie

R99.00

Dit maak nie saak hoe oud jou kinders is nie, jy moet waarskynlik elke dag van die week vir hulle ’n kosblik inpak.

Belê in ’n Mamma lief jou-koelsakkie sodat etes en peuselhappies higiënies vervoer en gebêre kan word. Dié koelsakkie is helderkleurig, nuwerwets én funksioneel, met ’n aparte kantsakkie vir ’n bottel water of vrugtesap. Die binnekant is geïsoleer om die temperatuur van die inhoud koud of warm te hou. Jou kind se kos is daarom altyd vars en reg vir wanneer die hongerpyne begin knaag. Aan die einde van ’n besige dag, kan jy net die koelsakkie met ’n vadoek uitvee, en dis reg om die volgende oggend weer te gebruik. Dis die ideale pasmaat vir skool, nasorg-kinders of ’n peuselhappie tussen aktiwiteite, en die gedrukte woorde “Mamma lief jou” op die koelsakkie help jou kinders onthou dat jy lief is vir hulle!

29 in voorraad

R99.00

29 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 99 Bonuspunte verdien.
SKU: KOELSAKKIE Kategorie: Etiket: