“Ma, my taak moet môre klaar wees!”
“Ma-a-a!”Kinders verwag Ma moet oral wees en alles kan doen.
Al wat Ma wil hê, is ‘n break om haar skoene uit te skop en haar take vir eers opsy te skuif.
In Mamma het ’n breek nodig maak Susan Coetzer vensters oop op ’n ma se wêreld. Op pittige wyse praat sy oor tye soos wanneer haar enigste kuiken saam met sy pêlle oorsee gaan vakansie hou en die lewenslesse wat sy by ’n vyfjarige dogtertjie kon leer.
Hierdie vertellings sal jou laat glimlag en soms ook ’n traan laat wegpink. Dit sal jou inspireer om telkens ná ’n wegbreek weer die lewe aan te durf, want deur alles loop die goue draad van die wete dat haar Hemelse Ouer real en teenwoordig is, of sy nou die langpad alleen moet aanpak of geestelik moet bungee-jump.
Sy verseker jou dat dit nodig, eintlik noodsaaklik, is om soms net mooi te kyk, mooi te lyk en party dae net te pronk.
Knip die deurhanger uit en hang dit aan jou deurhandvatsel wanneer jy ‘n breek nodig het.
Kort jy hulp? Gesels met ons.