Kom ons praat oor jou finansies [Oudioboek]

R59.00

Hoe om minder te spandeer en meer te spaar!

Neem beheer van jou rande, maar ook van jou gedagtes en hoe jy dalk jouself armer maak omdat jy verkeerd dink oor geld. [Luistertyd 45 minute]

989 in voorraad

R59.00

989 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 59 Bonuspunte verdien.
SKU: oudioboekwouter Kategorie: Etiket:

[Luister in Verrso, Voelgoedboeke se APP]

[Luistertyd 45 minute]

Jy kan net iets verander as jy bereid is om daaroor te praat. Bereid is om die waarheid in die oë te kyk en die ware feite van die wolhaarstories te onderskei. En dit is beslis waar van jou finansies.

Jy hoef nie jouself te verwyt nie, vergewe en vergeet jou geldelike verlede. Maar neem nou beheer. Gebruik die strategieë van hierdie mentor om eens en vir altyd te leer hoe om minder te spandeer en meer te spaar. Niemand word oornag ryk nie, maar jy het nou die kans om jou geld vir eendag te beskerm.

Niemand hou van die woord “begroting” nie, maar om ryk te word, begin by die plan wat jy maak met jou inkomste en uitgawes. Daarmee saam moet jy ook jou kop regkry. Neem beheer van jou rande, maar ook van jou gedagtes en hoe jy dalk jouself armer maak omdat jy verkeerd dink oor geld.

En om oor finansies te praat sluit in om met jou lewensmaat, jou vennoot in die lewe, oor julle skuld gesprekke te voer. Ouers stel ook die voorbeeld vir hulle kinders wanneer dit by die bestuur van geld kom. Maak seker jou woorde en dade klop met hoe julle begroting klop.

In jou besige lewe het jy nie altyd genoeg tyd of energie om met ’n finansiële adviseur te praat nie. Nou kan jy enige tyd, wanneer dit jou pas, eenvoudige waarhede hoor wat grootskaalse verskil in finansies sal maak. Dit sal jou en jou bankbestuurder breed laat glimlag.