Jy het dit-sporthanddoek!

R99.00

Niemand wil ’n groot, nat oefenhanddoek rondsleep terwyl hulle draf, fietsry, tuis of in die gimnasium oefen nie.
Die pienk JY het dit-oefenhanddoek is vervaardig van sagte, duursame mikrovesel, wat dit lig, maar superabsorberend maak. Dit kom met ’n gaasdrasakkie, wat die ander artikels in jou oefensak teen vog beskerm en dit reukvry hou. Los jou handdoek in die son of hang dit iewers in die huis en 1-2-3 is die absorberende mikroveselmateriaal droog! Elke vrou het oomblikke wanneer sy begin twyfel en toelaat dat vrees haar lewe bepaal en sukses kniehalter. Laat die woorde “JY het dit!” wat voor op die oefenhanddoek se sakkie gedruk is, jou motiveer. Wees jou eie grootste ondersteuner, in plaas van jou grootste kritikus, en bly gesond en fiks!

94 in voorraad

R99.00

94 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 99 Bonuspunte verdien.
SKU: Jy het dit-sporthanddoek! Kategorie: Etiket: