Jou Selfhelp Bybelgids [e-Boek]

R63.00

In hierdie maklik–om–te–gebruik selfhelpgids word 50 temas alfabeties gelys wat geluk, genesing en sukses binne jou bereik sal plaas. Van onderwerpe soos beheer en bekommernis tot vriendskap en waagmoed. Dit gee praktiese raad, insiggewende feite en realistiese oplossings. Die Selfhelp Bybelgids is die eerste tree op die pad na selfontdekking, persoonlike groei en vervulling.

992 in voorraad

R63.00

992 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 63 Bonuspunte verdien.
SKU: 9781432200541 Kategorie: Etikette: ,
[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Ag, ek sal tog nooit verander nie …Dit is tyd om daardie negatiewe stemmetjie stil te maak met die Selfhelp Bybelgids wat geluk, genesing en sukses binne jou bereik plaas.

Die uiteenlopende en omvattende temas in hierdie boek is so gekies om jou te help om ou, slegte gewoontes af te leer en nuwe, goeie gewoontes aan te leer.

Dit gee jou al die regte tools om die beste jy te word wat jy kan wees en dan ‘n verskil in ander se lewens te maak. Want hoe beter toegerus jy is om jou eie issues te hanteer, hoe meer sal jy ook vir ander kan beteken.

In hierdie maklik–om–te–gebruik selfhelpgids word 50 temas alfabeties gelys, van onderwerpe soos beheer en bekommernis tot vriendskap en waagmoed.

Dit vertel jou onder andere hoe om:

  •  die lag in die lewe raak te sien
  •  die dryfkrag binne jou te vind
  •  die beeld van God in jouself raak te sien
  •  op jou regte te staan en
  •  jou batterye te herlaai

Anders as soveel ander selfhelpboeke is hierdie gids geskoei op Bybelse beginsels wat jou vertel wat die Bybel oor ‘n onderwerp sê. Dit gee ook tonne praktiese raad, insiggewende feite en realistiese oplossings. Die Selfhelp Bybelgids is die eerste tree op die pad na selfontdekking, persoonlike groei en vervulling.