Geen huwelik is perfek nie [Oudioboek]

R59.00

Maar … elke verhouding kan verbeter!

Sit die vonk terug in julle verhouding en laat julle huwelik blom met hierdie reguit-praat-advies. [Luistertyd 1 uur 4 minute]

972 in voorraad

R59.00

972 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 59 Bonuspunte verdien.
SKU: oudioboekgretha Kategorie: Etiket:

[Luister in Verrso, Voelgoedboeke se APP]

[Luistertyd 1 uur 4 minute]

Die liefde is nie al wat nodig is vir jou huwelik om te blom en floreer nie. Dit is ook noodsaaklik dat man en vrou albei ervaar dat hulle behoeftes bevredig word.

Dis nie verkeerd om behoeftes te hê nie! Laat die huweliksmentor, Gretha Wiid, jou leer hoe om julle behoeftes te erken en te bevredig. So word julle getroude lewe ’n veilige hawe en bron van inspirasie vir julle albei.

Om veilig by mekaar te voel en te voel dat jy erken word en geliefd is, moet albei ’n paar praktiese dinge anders doen as in die verlede. Maar onthou ook om jou nie aan jou verlede vas te boei nie.

Is jy lus om die vonk weer terug te sit in jou huwelik? Weet jy wat jou maat nodig het? Ken julle die verskil tussen seks en intimiteit? Hoe praat julle met mekaar? Wat kom eerste in julle verhoudingslewe – sosiale media of jou maat?

Hierdie oudioboek is jou toegang tot die “spreekkamer” van Finesse Voelgoed Tydskrif se huweliksmentor. Jy kan enige tyd en enige plek raad en advies kry wat werk en jou verhouding sal verbeter. En die beste is: julle kan saam luister en leer!