FroueVonds Dagbeplanner 2022

R169.00

Die FroueVonds Dagbeplanner 2022 het ’n bladsy per dag vir afsprake om die beplanning van jou dag en tyd ’n plesier te maak.

R387 (ipv R687) vir drie, aflewering ingesluit

432 in voorraad

R169.00

432 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 169 Bonuspunte verdien.

Die gebruikersvriendelike ontwerp bied oorgenoeg skryfplek vir notas, verjaarsdae, vergaderings en méér. Aan die begin is daar ’n jaarkalender sodat jy met ’n oogopslag kan sien wat alles moet gebeur, asook kalenders vir 2023 en 2024, openbare vakansiedae en skoolkwartale. Die kalender vóór elke maand stel jou in staat om haarfyn te beplan en jou tyd optimaal te benut. Die FroueVonds-dagbeplanner sal jou nie net help om jou lewe te orden nie, geniet ook die daaglikse inspirasie deur Lynette Beer. Die joernaalspasie bied jou die geleentheid om stil te raak en na te dink oor jou geloof. “Deur die FroueVonds-dagbeplanner aan te koop verseker jy dat die#HelpHetta-projek sanitêre ware en higiëniese produkte op ’n kwartaallikse basis aan 3 000 skoolgaande meisies kan verskaf,” sê Benette Welman, projekkoördineerder. “Hierdie meisies sal soveel as 52 skooldae per jaar misloop, indien hulle nie hierdie noodsaaklike produkte ontvang nie. Dan praat ons nog nie eens van die effek wat ’n gebrek aan hierdie produkte op hulle waardigheid en selfvertroue het nie. R50 van elke dagbeplanner word in die #HelpHetta-projek teruggeploeg.”