Elkedagse Geluk (Deel 3) (Selfoonboek)

R27.00

En nóg 30 dinge wat jy kan dóén om gelukkig te wees – aanvaar jy die uitdaging?

Mandi Baard, Mila Guy, Nadia Beukes en 27 ander bekendes, onder wie radio- en TV-persoonlikhede, lewensafrigters en motiveringsprekers, het iets ontdek wat heeltemal in teenstelling is met alles wat ons nog altyd oor geluk wysgemaak is.

998 in voorraad

R27.00

998 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 27 Bonuspunte verdien.
SKU: selfoonboek18 Kategorie: Etiket:

As ons nog kinders is, lag en speel ons – en is ons gelukkig. Maar as ons groot is, vergeet die meeste mense hoe om regtig gelukkig te wees.

So, wat is geluk?

Mandi Baard, Mila Guy, Nadia Beukes en 27 ander bekendes, onder wie radio- en TV-persoonlikhede, lewensafrigters en motiveringsprekers, het iets ontdek wat heeltemal in teenstelling is met alles wat ons nog altyd oor geluk wysgemaak is.

Ons kan nie durende geluk verkry deur meer geld te maak of meer besittings aan te skaf nie. Ook nie deur suksesvol, invloedryk of beroemd te wees nie. Geluk is ook nie net iets wat ’n mens voel nie, dis iets wat jy dóén!

Sommige faktore wat ons geluk beïnvloed, is buite ons beheer. Tog is daar eenvoudige dinge wat ons kan doen wat dit maklik maak om elke dag met vreugde en vergenoegdheid te leef. Oorweeg dit om ’n paar van hierdie – of al 30! – te probeer, en gee die vaalste dag ’n goue randjie:

• Vier die klein oorwinnings
• Moenie met spyt saamleef nie
• Hou jou binnekring klein
• Maak gesonde koskeuses
• Ruim jou rommel op

Elkedagse geluk (Deel 3) help jou nog verder op die pad om nuut te dink oor ’n gelukkige manier van leef. Dit is veel meer as ’n selfhelpboek – dis ’n moet-hê!