DIE NUWE NUWE TESTAMENT
Stephan Joubert en Jan van der Watt

Verkoop deur Voelgoed Bestellings

R299.00

Eerste druk uitverkoop, tweede druk beskikbaar!

’n Getroue vertaling in vars Afrikaans

‘n Maklik leesbare Afrikaanse vertaling, om die gaping tussen ‘n letterlike en vryer vertaling te vul. Ingesluit ‘n 365 dae-Bybelleesplan en Bybelagtergrond-video’s vir elke boek in die Nuwe Testament.

2 in voorraad

R299.00

2 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
SKU: 9781432209544 Kategorie:

Daar is ’n wye keuse van Afrikaanse vertalings van die Nuwe Testament op die mark. Hoekom dan nog ’n vertaling? “Sodat ons God self kan hoor praat in die taal waarin ons almal – oumense en jongmense – leef en droom. ’n Vertaling wat as gesinsbybel deur die hele gesin gelees kan word,” sê Stephan Joubert en Jan van der Watt, vertalers van DIE NUWE NUWE TESTAMENT.

Omdat Bybelvertaling ons passie is, was die idee met hierdie vertaling om die gaping tussen letterlike en vryer vertaling met ’n maklik leesbare Afrikaans te vul.
Om die dinge wat in Grieks eienaardig is en ons nie so maklik verstaan nie, steeds te kan begryp, lees Die Nuwe Nuwe Testament asof die oorspronklike skrywers dit van die begin af in Afrikaans geskryf het.
Die doel hiermee is om God se Woord in ’n eietydse, elkedagse Afrikaans uit te druk.

Die Nuwe Testament is oorspronklik in Grieks geskryf. Om dit vir ʼn Afrikaanssprekende dus moontlik te maak om ook die Nuwe Testament te kan lees, moet die Grieks in goeie Afrikaans vertaal word.

Die fokus is op woordgebruik en skryfstyl wat nie soos verafrikaansde Grieks klink of voel nie.

Om by goeie begrip uit te kom, moes Afrikaanse woorde gekry word wat die Griekse woorde die beste weergee.

As dit nie moontlik was nie, het ons die bedoeling van die Griekse woord met ’n frase probeer weergee, sodat die leser presies kan weet wat die Woord daar wil sê.

Die Bybel is die lig vir ons pad en die lamp vir ons voet – daarom het ons probeer om die lig so helder as moontlik te laat skyn.

Ons het die teks van Die Nuwe Nuwe Testament verdeel in 365 dae wat jou as Bybelleser in die loop van ’n jaar deur die hele Nuwe Testament neem.

Die 365 dae-Bybelleesplan is spesiaal ontwerp om jou lewe te vul met die lewegewende boodskap van God se Woord, terwyl jy in ’n jaar van Matteus tot Openbaring lees.

Ons het ook vir elke boek van die Nuwe Testament ’n Bybelagtergrond-video van 5 minute opgeneem. Onder meer word die agtergrond, tema en boodskap bespreek om lesers te help om die Bybel te verstaan op ’n manier wat toeganklik, boeiend en lewensveranderend is.