Bid die Woord vir jou man [e-Boek]

R56.00

Liesel Krause Wiid deel in Bid die Woord vir jou man hoe en wat jy vir jou man by elke haakplek op jul pad saam kan bid. Sy raak elke faset van sy manwees en verhouding met jou en julle kinders aan met teksverse van krag en hoop uit sy Woord. Jy kan dit hardop bid en sodoende met sy beloftes jou huwelik vernuwe.

996 in voorraad

R56.00

996 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 56 Bonuspunte verdien.
SKU: 9781432202897 Kategorie: Etiket:

[Lees in Verrso, Voelgoedboeke se e-leser APP]

Wanneer HY nie meer droom oor jul huwelik nie … kan JY begin bid en alles omkeer.

BID wanneer jul liefdesvlam laag flikker. KIES vir jou huwelik!

Hoe kan julle steeds in die wolke bly oor jul huwelik as die eise, druk en sleurgang van die lewe julle vasdruk op die aarde? Om brood en botter op die tafel te sit, kan daardie fyn wittebrood laat muf …

En tog, ’n gelukkige, vervulde huwelik is juis God se droom vir jou. VRA net daarvoor! Liesel Krause Wiid deel met jou vanuit haar eie huwelik hoe en wat jy vir jou man by elke haakplek en halte op jul pad saam kan bid. Sy raak elke faset van sy manwees en verhouding met jou en jul kinders aan – van glorie en glans tot laagtepunte …

Sy werk, ambisie en geldsake
Sy rol as man, pa en leier
Sy gesondheid en balans
Sy geloof, emosies en ideale
Sy suksesse en mislukkings
Sy verlede en sy toekoms
Sy verhouding met jou en jul sekslewe
Sy op en af dae, selfs depressie
Sy stilstuipe, en obsessie met die selfoon

By elke tema gee Liesel Krause Wiid vir jou verse van krag en hoop uit sy Woord. Gebruik dit, sȇ dit hardop, sing dit! Sluit sy Beloftes van vernuwing, verdieping en groei in jou huwelik met hierdie sleutels oop.

Jy is vir Hom kosbaarder as korale – gryp die oorvloed van sy liefde met albei hande, laat dit deur jouself, jou man, jul huwelik spoel …