As jy jóú geloof wil bou … [Oudioboek]

R59.00

Hoe om hindernisse in jou geestelike lewe te oorkom!

Hoe ons kies om te dink en te voel, kan die verskil beteken tussen wanhoop en hoop, tussen vertroue en twyfel.

942 in voorraad

R59.00

942 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 59 Bonuspunte verdien.
SKU: oudioboekliesel1 Kategorie: Etiket:

[Luister in Verrso, Voelgoedboeke se APP]

[Luistertyd 1 uur]

Die lewe is nie altyd maklik nie. Om te glo, is ook nie altyd maklik en eenvoudig nie. Hoe ons kies om te dink en te voel, kan die verskil beteken tussen wanhoop en hoop, tussen vertroue en twyfel.

Soms kan ons vasgeval bly in skuldgevoel oor ons verlede, of ons vergelyk met ander gelowiges en dan minderwaardig voel. Ons loop met wrokke in ons hart en kan die woede nie meer keer wat ons daagliks oorweldig nie.

Dit voel dalk vir jou of jy alleen moet sukkel met soveel hindernisse in jou geloofslewe … Maar jy hoef nie alleen aan te sukkel nie. Laat Liesel Krause -Wiid jou bemoedig en leer eerste by haar hoe om weer te glo in die krag van gebed.

Laat sy jou aan die hand neem en wys hoe jy kan kies om voluit te lewe wanneer jy moedeloos is. Leer hoe om die proses van vergifnis te begin sodat jy nie in die modder van jou foute en mislukkings vasgevang bly nie.

Kom rus by jou Vader en gee jou toekoms en jou bekommernisse aan Hom oor … Vernuwe jou denke en glo weer nuut.