59 Vrae oor die dood en die hemel [Oudioboek]

R209.00

Wat die Bybel sê oor die dood met antwoorde op die algemeenste vrae wat mense het

Wysheid uit die Woord in ’n vraag-en-antwoord-formaat, wat jou vrese oor die dood sal vervang met sekerhede oor die genade wat vir elkeen beskikbaar is.

998 in voorraad

R209.00

998 in voorraad

Voeg in Mandjie
Koop Nou
As jy die produk koop kan jy 209 Bonuspunte verdien.
SKU: oudioboek4 Kategorie: Etiket:

[Luister in Verrso, Voelgoedboeke se APP]

[Luistertyd 14 ure]

Niemand wil graag oor die dood praat of selfs daaroor dink nie. Dit laat ’n mens ongemaklik voel. Ons hou nie van die woord “doodgaan” nie en gebruik eerder woorde soos “laaste asem uitblaas”.

In sulke tye het mense gewoonlik diep vrae oor die lewe ná die dood. 59 Vrae oor die dood en die hemel beskryf met groot verantwoordelikheid wat die Bybel oor die onderwerp sê.

Isak Burger se kennis van die Bybel bied interessante insigte en waarhede oor hoe gelowiges hulle harte kan voorberei vir die ewigheid saam met hulle Skepper.

Dit word aangebied in ’n maklike vraag-en-antwoord-formaat en verskaf antwoorde op 59 vrae wat mense het oor kwessies soos naby-dood-ervarings, verassing, die vaevuur, die hemel en die hel.

Nog vrae wat aangespreek word, sluit in:
• Is my sterfdatum vooraf bepaal?
• Wat gebeur wanneer ’n mens doodgaan?
• Hoe gaan ons woonplek in die hemel lyk?
• Wat gaan ons daar doen en hoe gaan ons liggame lyk?
• Gaan ek my oorlede geliefdes weer ontmoet?

Hierdie oudioboek móét deur elke gelowige beluister word. Dit beskryf wat die Bybel sê ’n gelowige kan verwag wanneer hy of sy sterf en hoe die lewe daarna sal wees. Dit ontrafel die geheime en misterie van doodgaan en praat reguit teen onbybelse beskouings.